Oond 160 gr C.
Kook saam in groot kastrol: 1 kg vrugtekoek mengsel, 1 pak dadels, stukkies gesny, 200 gr kersies, 2 t fyn Gemmer, 2 t fyn kaneel, 2 t vanilla geursel, 2 k suiker, 2 k water, 200 gr margarine. Opsioneel: 1 k makataanstukkies en halwe k groenvye stukkies. Kook vir 5 minute op medium hitte. Haal van stoof en koel af. Roer 2 t koeksoda by en halwe k gekapte neute. Roer nou 4 k bruismeel en 4 geklitste eiers by. Skep in 2 gevoerde, gesmeerde ronde koekpanne en bak vir 2 ure. As gaar, haal uit oond en keer uit op afkoelrakkie. Gooi brandewyn oor. Ek meng brandewyn en soetwyn om helfte. Draai toe in tinfoelie en gooi nog brandewyn oor na een week. Bêre in koekblik.