Vleissous: Braai 1 gekapte ui, 1 gekapte greenpepper, 1 t fyn knoffel. Roer 500 gr maalvleis by. Roer tot verkleur. Roer 2 blikke ingelegde tamaties by, sous en al, 1 E tamatiepasta, 2 E tamatiesous, 1 biefblokkie en 1 k kookwater. Geur met sout. Kook omtrent 1 uur lank op sagte hitte. Die sous moet souserig wees. Witsous: 2 k melk, 2 E koekmeel, 1 E botter en knippie sout. Roer op medium-hitte tot begin kook. Kook saggies vir 2 minute. Maak Lasagne: Skep bietjie vleissous onder-in diep oondbak, dan laag lasagne-velle, dan bietjie witsous. Herhaal lae en eindig met laag witsous. Sprinkel Gerasperde Cheddarkaas bo-oor. Sprinkel fyn paprika oor en bak vir 1 uur by 180 gr C.