Sprinkel visspesserye oor 1 kg stokvis-stukke en rol in meel. Bak net gaar in bietjie olie. Hou eenkant. Sous: Kook 6 uie in ringe gesny in soutwater vir 5 minute. Gooi water af en voeg vlg by: 250 ml asyn, 180 ml suiker, 1 E medium sterk kerriepoeier, 2 E vismasala, 1 E borriepoeier en 1/2 t sout. Kook deur vir 5 minute. Pak vis in glasbak en gooi sous oor. Laat in yskas staan vir 2 dae. Jy kan ook snoek of kabeljou gebruik.