Oond 180 gr C. Klits saam: 1 k suiker, 1 E sagte margarine, en 1 E appelkooskonfyt. Roer by: 1 k bruismeel, 1 t koeksoda, 1/4 t sout, 1 k melk en 1 E asyn. Skep deeg in gesmeerde oondbak en bak vir 30 minute tot gaar. Prik gaatjies in sodra uit oond kom en gooi vlg sous oor warm poeding: Kook saam: 1 k room, 1/2 k suiker, 1/2 k kookwater en knippie sout. Haal van plaat en roer 1/2 k amarula likeur by. Skep sous oor warm poeding. Bedien met vanilla roomys.