Kook 6-8 aartappels vir 15 minute. Koel af. Oond 180 gr C. Braai 1 gekapte ui, 1 gekapte knoffelhuisie en 2 k gekapte sampioene in bietjie olie tot sag. Trek skille van aartappels af en sny aartappels in skyfief/stukkies. Pak lae aartappels en uie-mengsel in oondbak, geur elke laag met sout en peper. Gooi 250 ml room oor en sprinkel gerasperde kaas bo-oor. Bak vir 30-40 minute tot goudbruin.